Daar word vars linne en handdoeke voorsien, asook koffie, tee en suiker. 'n Opvoubare bababed en babastoeltjie is op aanvraag beskikbaar. Moenie eie strandhanddoeke vergeet nie!
DSTV is beskikbaar mits u eie dekodeerderkaart saambring.
ANKERVAS is vyf minute se stap van die pragtige stand en meer af. Morgansbaai bied ook vele ander aktiwiteite aan besoekers:
1. Skemerkelkies op die asemrowende kranse
2. Voëlbesigtiging
3. Visvang / diepsee kan gereël word
4. Opwindende daguitstappies na 'n welbekende natuurresevaat (etes is beskikbaar), uitstappies oor die Keiriver se Pont na Transkei
5. Perderitte daagliks
6. Kus staproetes in en om Morgansbaai
7. Die vierdag - staproete van die Strandloper Staproete
8. Die plaaslike hotel bedien heerlike etes
9. Restaurante (informeel in Morgansbaai) en in Kei Mouth
10. Gholf, tennis, rolbal, muurbal
11. Vierwiel motorfietse te huur van die hotel
12. Bergfietsroetes (bring eie fietse saam)
13. Pretgevulde dae op die strand, asook waterski op die meer
14. Besoeke aan die ander kusoorde na Oos-Londen is opwindend.
15. 'n Buitelugklub in Kei Mouth
ANKERVAS WOONEENHEDE
Kontakbesonderhede: Elsie Breetzke
Tel./Faks: 043-8411610
Sel: 082-4517432
E-pos: ankervas@keimouth.co.za
Kyk ook na die volgende plekke (hoogs aanbeveel)
Kimberley http://www.belgraviabb.co.za/
Durban http://www.villaleview.co.za/