Kom ontdek jou diepste binneste in die skilderagtige Morgansbaai langs die Oos Kus van Suid-Afrika. Ankervas woon eenhede bied ’n sielvolle en onvergeetlike ondervinding aan die toeris en vakansieganger. Kom ontspan in seekus styl en geniet die sout briesie op jou voorstoep.
4 Minute se stap tot by die asemrowendste osean is Ankervas eenhede op die boonste vloer van 'n dubbelverdiepinghuis en ideaal vir gesinne of twee groepe vriende. Stel Jamie Oliver se resepte tot die proef met die see op die voorgrond van die kombuis, terwyl jou vriende en familie jou geselsskap hou in die oopplan sit-, eet en ontspan kamer. Die leef vertrekke loop almal uit op die hoof balkon waar die see jou na asem laat snak. Op diè balkon ontdek jy die geskiedenis van Morgan Baai se bekende kranse aan die regterkant, waar menigte romanse al hul grondvloere gelê het. Dalk kry jy kans om die melkman vir ’n oomblik vas te keer sodat hy so bietjie die nuuskierighede en wyshede van die kranse aan jou kan ontbloot.
180 Grade na links flits daar nog ’n lighuis op die oewer van die see – stap jy verder langs die strand op vind jy rus in Keimond waar die golf liefhebbers hul voorgee met rustigheid kan verminder.
Teug aan ‘n laat middag drankie terwyl jou volgende droom in die blou van die see voor jou openbaar. Die hoof balkon het ’n tradisionele braai fasiliteit en ’n vleisie het nog nooit so lekker gesmaak soos hier nie. Al die slaapkamers se rustigheid ontvou oor die groen heuwels, ingerig vir pappas, mammas, oupas, oumas, babas, kleuters en baie vriende. Die volledig toegeruste badkamers, met dubbel wasbakke se elegansie is oud-wërelds en die ekstra gaste toilette sorg dat niemand op vakansie in ’n ry hoef te staan nie.
Die tweede eenheid het 'n eetkamer / kombuis gekombineer en opvou glasdeure wat op die balkon van drome oopmaak. Bring asseblief daardie langverwagte boek saam en ontspan in die elegante sitkamer terwyl die see se sang jou kommers wegspoel. Hier kan jy ook die vensters oopstoot en die seelug se rustigheid en drome indrink.
Na ’n tradisionele Morgans Baai skemerkelkie op die kranse, kom ontspan saam om ’n vuurtjie voor die huis, waar die hemele se sterre hul kosbaarste sprokies vertel. Hier sien jy dalk daai droom ster wat mens nooit tussen die geboue in die stad sal raaksien nie.
Sarie Marias en Wielie Walie se deuntjies sal jou tot op die strand bring, waar jy jou voete kan vasanker in die sand en solank bly as wat jou hart se begeertes vir jou sê.